News

Vals nuus: hoe weet mens wat om te glo?

Vals nuus: hoe weet mens wat om te glo?

Daar is ‘n paar punte wat kan help om vals nuus te bespeur:

  1. Moenie net die opskrif lees nie.
  2. Maak seker dat die nuus deur ‘n erkende uitgewer (koerant/kanaal/tydskrif) wat betroubaar is gedeel word. Erkende uitgewers word deur die Ombudsman gereguleer. Kyk ook hoe lank die koerant/tydskrif/kanaal reeds bestaan.
  3. Kyk na die datum van die betrokke berig – soms word ou nuus as ‘n nuwe verwikkeling versprei. Dit kan dalk effens moeilik wees omdat nuwe datums vir ou gebeure geskep word. Maak seker dat die gebeure sin maak vir die datum waaraan dit gekoppel word.
  4. Kyk wie is die skrywer van die artikel. Gaan deur hul vorige berigte en maak seker dit is werklik ‘n erkende joernalis.
  5. Kyk watter bronne gebruik word vir statistiek of inligting vir die berig. As daar nie erkende bronne gepubliseer word nie, behoort die leser reeds versigtig te wees om blindelings alles in die berig te glo.
  6. Kyk of die foto’s wat saam met die berig gebruik word, wel betrekking het tot die berig. Asook deur wie die foto’s geneem is. Foto’s kan gemanupileer word, gebruik dalk programme soos TinEye om vas te stel waar die foto spesifiek sy oorsprong het.
  7. Moenie sommer net blindelings ‘n berig glo omdat dit jou eie siening staaf nie. Kyk na die feite nie net persoonlike menings nie!
  8. Kyk of ander platforms ook oor die gebeure berig. Soos byvoorbeeld wanneer ‘n bekende persoon onverwags as dood aangekondig word – kyk of daar op erkende nuusbronne daaroor berig word.
  • Dink oor ‘n betrokke berig en die inligting voordat jy dit eenvoudig aanstuur of deel. Dit kan verwarring veroorsaak, asook tot nadeel wees vir ander lesers of diegene waaroor die berig gaan.
  • Bron: HuffPost – HuffPost is ‘n Amerikaanse nuus- en meningswebtuiste.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button