News

Ledige ure word omgee-ure met heining-uitreik

Ledige ure word omgee-ure met heining-uitreik

Aan ‘n palisade-heining in Bronkhorstspruit hang 5 tot 10 maskers op ‘n slag.

Ontsmet en geseël in ‘n sakkie met ‘n nota wat hulle wat dit neem verseker dat die masker skoon en veilig is. Die maskers is gratis vir enigeen  om te neem.

Sedert Jo-Ann Smit die maskers begin adverteer het in haar woonbuurt stop talle hier om hul maskers so in die verbygaan te neem.

Jo-Ann was nog nooit een vir stilsit nie. Daarvan getuig haar naaldwerkkamer waar haar vaardige hande en talent al menige harte bly gemaak het oor jare. En dit is juis dit wat haar laat besluit het om ingeperkte ledige ure in omgee-ure te verander om ‘n positiewe verskil in mense se lewens te maak.


Jo-Ann en haar man, Fasie, is onderskeidelik sekretaresse en ondervoorsitter van die Solidariteit Helpende Hand Diamant-tak.

Jo-Ann vertel dat hulle tussen 5 en 10 maskers op ‘n slag aan die heining hang, en dan aanvul soos nodig. Sy maak die maskers uit katoen.
Die idee om die maskers te maak het begin nadat haar ma ‘n week tevore by die polisie ‘n masker gekry het toe sy dorp toe gegaan het.
Sy het die patroon afgetrek en vir Jo-Ann gegee.

“Hier in Bronkies kan ons nie maskers koop nie. Ek weet die tuisgemaaktes is dalk nie ideaal nie, maar dis beter as niks.”
Sy vertel dat sy Sondag begin het om 5 maskers te maak. Maandag was daar nog van die vyf oor en het sy 3 bygesit, maar teen Dinsdagoggend vroeg was tien maskers klaar gehaal en was sy fluks besig om nog te maak.

Ook in Parys het Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum reeds begin met die kreatiewe idee  om maskers te maak en te verkoop nadat hul armband-projek moes sluit wat vroeër aan toeriste op passasierskepe verkoop is. Broodnodige inkomste om dié sentrum finansieel te laat oorleef, wat daar nou met die staat van inperking skielik nie meer is nie.

Gaan kyk op hul webtuiste www.epilepsy.ngo en ondersteun ook hierdie projek.
Vir elke R100 wat die sentrum ontvang kan drie lapmaskers gemaak word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button