News

Landboumaatreëls rondom arbeid en Covid-19

Die VLU-taakgroep het saam met die minister van landbou die volgende maatreëls rondom arbeid vasgestel

Die landbou taakgroep van die VLU het al verskeie samesprekings met die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, en die direkteur-generaal van grondsake, Mdu Shabane gehad oor die nuwe maatreëls wat vir landbou in die nasionale staat van inperking ingestel is.

Volgens die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, is landbou se eerste prioriteit nou om die verspreiding van die Kovid-19 virus te stop. Daarna val die fokus op die produksieproses. Na die taakgroep se mees onlangse vergadering met die minister van landbou op 26 Maart,  is die volgende maatreëls rondom arbeid vasgestel:

Verspreiding van voedsel na informele nedersettings
Een van die sake wat uitgelig is, is die probleme rondom die verspreiding van voedsel na informele nedersettings. Dit word grootliks gedoen deur verkopers wat produkte hetsy die vars produktemarkte of direk by boere koop en dan na die onderskeie afsetpunte neem waar inwoners hulle groentes koop. Daar is geen probleem vir die verkopers om die kos te verkry nie, maar die SANW of SAPD laat die verkopers nie toe om dit op die tradisionele manier te verkoop nie. Hierdie plekke is een van die belangrikste verkooppunte aangesien tot 30% van kos so verhandel word. Volgens Van Zyl sal die minister hierdie saak met die onderskeie LUR’e van die provinsies opneem.

Begeleidende brief vir landbouwerkers
Die tweede saak op die agenda was die begeleidende brief vir landbouwerkers wat as ‘n vereiste gereken word omdat beweging gereguleer moet word en dit die taak van die veiligheidspersoneel sal vergemaklik.
Dit is belangrik dat die draer van die brief ‘n ID-dokument daarmee saam moet wys. Die volgende inligting moet op die brief verskyn:
•Fisiese adres van die plaas met volle kontakbesonderhede wat kontaknommer en e-posadres insluit.
•Van en volle name van die boer, insluitend die boer se ID nommer en kontakbesonderhede.
•‘n Verklaring dat die werker (van, volle name en ID nommer) werksaam op die plaas is.
•Geteken en dateer deur die eienaar van die plaas.
•Die instelling se amptelike stempel indien dit wel oor so iets beskik.

Beweging van landbouwerkers
Daar is aan die minister beklemtoon dat boere alles in hul vermoë doen om arbeid so veilig as moontlik te vervoer indien hulle moet pendel. Daar word ook aanbeveel, indien moontlik, dat boere arbeid op hulle plaas laat slaap en slegs met beperkte arbeid hul produksie behartig. Arbeid mag slegs met ‘n begeleide brief pendel.

Higiëniese maatreëls moet gekommunikeer word
Boere moet arbeid volledig inlig oor die werking van die virus asook die higiëniese maatreëls wat toegepas en deurentyd gehandhaaf moet word.

Kontaminasie op plase
Indien iemand op ‘n plaas met die virus besmet word, sal die plaas onder kwarantyn geplaas word.
Volgens Van Zyl is die situasie waarin die land verkeer onbekend vir almal. “Daar is reeds foute gemaak en daar sal waarskynlik verder ook foute gemaak word. Die eerste paar dae gaan baie diskoerse uitwys en dit sal hanteer moet word soos wat dit opduik. Ons kan daaroor kla of eerder ‘n bydrae maak om te kyk wat kan gedoen word om die beste uitkomste te probeer bewerkstellig”, sê Van Zyl.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button