Bekommerd oor jou rybewys of motorlisensie wat gedurende die inperkingstyd verval?
Minister Fikile Mbalula, Minister van Vervoer, het in die Staatskoerant afgekondig dat motorlisensies, rybewyse, bestuurspermitte en registrasies vir motors wat verval gedurende die inperkingsperiode van 21 dae, verleng word.
Dit beteken jou motorlisensie, rybewys, tydelike permit, professionele bestuurspermitte en padwaardige sertifikate sal nog as geldig beskou word in hierdie 21 dae al sou dit in hierdie tydperk verval, en word dit verleng vir ‘n verdere grasietydperk van 30 dae vanaf die datum waarop die staat van inperking verstryk, tensy die minister ‘n ander aankondiging in die verband maak.
Onthou dat toetssentrums en voertuigstatsie nou gesluit is vir die nasionale staat van inperking, en geld dit ook vir die toetsstasies in Parys en Vredefort.