News

“Grootte Schuur”-boodskap toe vals

‘n Stemboodskap wat vroeër wyd op sosiale media gedeel is van ‘n vrou wat sogenaamd aan die hoof van virologie by die Grootte Schuu-hospitaal staan en waarin sy kommentaar lewer oor Covid-19 virus, blyk nou vals te wees. Die Wes-Kaapse departement van gesondheid waarku dat die boodskap nie uit die Grootte Schuur-hospitaal se virologie-afdeling kom …

‘n Stemboodskap wat vroeër wyd op sosiale media gedeel is van ‘n vrou wat sogenaamd aan die hoof van virologie by die Grootte Schuu-hospitaal staan en waarin sy kommentaar lewer oor Covid-19 virus, blyk nou vals te wees.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid waarku dat die boodskap nie uit die Grootte Schuur-hospitaal se virologie-afdeling kom nie, berig Netwerk24.

Ook die Universiteit van Kaapstad het Saterdag in ‘n verklaring gesê dat hy homself distansieer van die misleidende boodskap.

Die vrou wat in die 16 minute lange WhatsApp stemboodskap praat maak allerlei aantygings, bewerings en vooruitskattings en maak dan boonop melding van fopnuus in die media.

Wees in die lig hiervan maar versigtig vir boodskappe, video’s, foto’s en ander fopnuus wat oraloor op sosiale media versprei word. Maak eerder staat op betroubare nuusbronne waarvan jy weet die inligting geverifieer is.

Onthou ook dat wanneer jy boodskappe aanstuur, jy eers sal seker maak van die egtheid en bron daarvan. Vals boodskappe veroorsaak vrees en maak dit moeilik vir mense om te onderskei tussen wat akkurate inligting en wat fopnuus is.

 

Related Articles

Back to top button