NewsNews

Luister of….

Swaar boetes en selfs tronkstraf wag

Na die eerste dag van inperking in Suid-Afrika moes die SAPD reeds 5 mense in die Vrystaat, 20 in Gauteng, 7 in KwaZulu Natal, 10 in Limpopo, 11 in Noordwes en 2 in die Wes-Kaap arresteer. Die rede?

Daar is nie gehoor gegee aan die inperkingsregulasies wat in die staatskoerant gepubliseer is nie.

En jy kan seker wees daar wag tronkstraf en swaar boetes vir hulle wat nie luister nie. In die Tlokwe-distrik waaronder Potchefstroom val kan jy byvoorbeeld tot R5 000 beboet word vir mense wat ‘n vergadering, byeenkoms of samekoms sou reël van meer as ‘n 100 mense in ‘n gebou, perseel of selfs in die buitelug. R5 000 boete is ook jou voorland as jy inmeng met die werksaamhede van die polisie en weermaglede in die uitvoering van hul pligte ingevolge wetgewing wat nou geld.

Met SA se infeksietal wat nou op 1 170 staan en 1 bevestigde sterfgeval in die Wes-Kaap, is dit belangrik dat alle Suid-Afrikaners sal moet saamwerk om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk wat alreeds astronomiese ekonomiese verliese tot gevolg het. Moet asseblief nie uit jou huis beweeg as dit nie absoluut noodsaaklik is, of jy gelys is onder die essensiële dienste wat steeds tydens die inperkingstyd gelewer word nie.

Vanoggend was daar nog heelwat beweging in Parys, Tumahole en Schonkenville, maar dit het aansienklik afgeneem na die middag toe op die vooraand van ‘n naweek wanneer die dorp gewoonlik  die ene bedrywigheid sou wees met toeriste-voete. ‘n Ongekende terugslag vir ‘n dorp wat staatmaak op toerisme vir sy voortbestaan.

‘n Prentjie van stilte laat Vrydagmiddag. So anders as wat Parysenaars dit ken op die vooraand van ‘n naweek. Foto: Verskaf

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button