News

Jy mag nie oor provinsiegrense nie, tensy jou papierwerk reg is

Hou te alle tye jou ID by jou.

Jy moet jou bewegings beperk. SA se infeksiesyfer vir Covid-19 staan op meer as 1 000 en die eerste sterfgeval is reeds vanoggend, Vrydag 27 Maart, bevestig. 

Onthou dat jy nie oor provinsiegrense mag beweeg nie, en dit is veral hier waar Parysenaars moet ag slaan op die regulasie. 

Op die N1 word daar 24 uur padblokkade gestaan. Daar is streng beheer by alle provinsiegrense – ja, ook tussen die Vrystaat en Noordwes grens. Dit beteken Parysenaars kan nie oor die Potchefstroom-brug sommer net beweeg nie, behalwe boere en hul plaaswerkers en ander  werkers wat deel vorm van die gelyste essensiële dienste  en dan moet jy seker maak jou papierwerk is reg want jy sal gevra word waarheen jy oppad is.

  • Jy moet wanneer jy op die paaie gaan te alle tye jou ID-boek of ID-kaart by jou hê.
  • Jy moet die regte permit hê (sien voorbeeld)
  • Jy kan as jy ‘n gelyste essensiële diensverskaffer is ook die voorbeeld van die permit soos ingesluit in die Disaster Management Act Amendment of Regulations, by die volgende skakel aflaai en voltooi vir jou werknemers –
    Shared from WPS Office:
  • Probleme is vanoggend gerapporteer waar die voorbeeld permitte vir essensiële dienste wat deur AgriSA en Vrystaat Landbou versprei is, nie deur polisielede aanvaar is nie, veral waar oor provinsiegrense met werkers en vee beweeg moes word. Dit is egter op provinsiale vlak hanteer en uitgesorteer.
  • Boetes is baie hoog en geen kansvattery word geduld nie.
  • Besighede wat essensiële dienste lewer moet by die volgende skakel gaan registreer en ‘n permit hê om oop te wees – https://www.bizportal.gov.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button