NewsNews

Massas voor die stilte

As die wêreld tot stilstand ruk

In die bloedige son, onder sambrele. Waar jy kom vandag was dit ‘n mense-massa. Mense wat tou gestaan het by deure, op sypaadjies, waar jy kyk. Parkeerplekke vol.

Daar was nie winskopies nie, daar was nie ongeduld nie – nee meer angstigheid, ‘n vasberadenheid om voor te kom.

Jy het die onsekerheid in oë gesien. Die bang in harte gevoel. Die stilte en afwagting. Mense was tevrede om te staan, te wag, vroeg uit die vere te wees. Jy’t net gehoop. Gehoop as jy voor kom sou daar nog iets op die rakke wees. Jy’t gesien wat in jou beursie is en gewonder wat daar na die 21 dae sal wees.

Wetstoepassers, hulle agter maskers en met handskoene in plekke waarvan die deure moet oopbly, is moeg. Jy kan die spanning sien. Die vrae waarop ook hulle nie nou antwoorde het nie.

Wie weet wat kom. Wie weet wat môre inhou.

Maar wat jy weet is dat hierdie mense nader aan mekaar sal bring. Ons gaan weer leer luister, ons word gedwing tot rustigheid, tot matigheid, tot hoop, geloof en vertroue in dit wat ons nie kan sien nie, nie kan voorspel nie, nie kan verander nie – as ‘n wêreld om jou tot stilstand ruk.

Mag ons trollies oorloop van genade vir mekaar, van hoop in ‘n toekoms, van geduld in huise waar mense nou saam gedwing word, van respek vir reëls en die wete dat jy nie alleen is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button