Op die foto is die SAPD-duikers, sers. Tsokolibane en knst. Gagiano
Die liggaam van ‘n jong man vermoedelik in sy twintigerjare, is gistermiddag om 15:00 uit die Vaaldam gehaal nadat daar sedert die naweek na hom gesoek is.
Die man het saam met ‘n ander man op ‘n jet-skit op die dam gery, toe hulle weens sterk wind van die jet-ski afgeval het.
Omstanders wat die mans se nood gesien het, het dadelik probeer help en daarin kon slaag om die ouer man uit die water te haal.
Polisieduikers van Welkom en Bloemtontein, asook reddingshonde en hul hanteerders van die K9-eenhede in Bloemfontein en Sasolburg het onverpoosd gesoek sedert die naweek.
Die liggaam van die vrou wat op 14 Maart in die Vaaldam verdrink het, is ook deur dieselfde polisie-eenhede op Vrydag 20 Maart naby die eiland in DeNeysville gekry.