NewsNews

Hoe gemaak met die haweloses

Nog heelwat vrae wat nog antwoorde nodig het.

Terwyl net minder as 3 uur oorbly voordat Suid-Afrikaners ingeperk sal wees vir ‘n tydperk van 21 dae om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk, is dit duidelik dat haweloses steeds ‘n groot kopseer is  in die Ngwathe munisipale gebied. Hoewel die munisipaliteit oënskynlik moet terugvoer gee oor hoe gemaak met hulle wat lewe op die straat, is daar nog nie planne in plek nie.

In die Gauteng-provinsie gaan sekere openbare skole vir die inperkingstyd as skuilings vir hulle sonder heenkome gebruik word. Die aankondiging is al vroeër deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir Onderwys gemaak.

Elsje Vermeulen van Vaalweekblad berig dat  daar in  Sedibeng drie skole aangewys is om die haweloses te huisves. Dit  is by  Geneneral Smuts High en Phoenix High en in Vanderbijlpark by Hoërskool Vanderbijlpark.

Nog ‘n belangrike kwessie is dat Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se kantoor ook gesluit sal wees omdat maatskaplike dienste nie as essensiële dienste gelys word in die inperkingsregulasies nie.

Daar is wel ‘n noodnommer by die polisie beskikbaar in gevalle soos gesinsgeweld waar dringende maatskaplike hulp nodig is. Mense moet dus in sulke ernstige situasies hul plaaslike polisiestasie skakel wat dan  die nodige maatskaplike hulp sal kry waar nodig.

Parys Polisiestasie kan gekontak word by (056) 816 2519/ 063 922 9674. 

Onthou ook dat We Care lede tydens die inperkingstyd nie kan rondbeweeg nie, maar dat mense steeds van die groep-kommunikasie kan gebruik maak om boodskappe deur te gee waarna We Care dit na die relevante persone sal aanstuur, het Wynand Nel van We Care gesê.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button