NewsNews

Jy sal gestraf word as jy inperking-regulasies oortree

DIt is wat jy te wagte kan wees gedurende inperking

Die afgelope paar dae het Suid-Afrikaners paniekerig begin aankope doen. Rye in apteke en kruideniersware winkels het by die deure uit gestaan. Mense het mekaar letterlik vertrap om koskaste vol te kry. Maar die harde werklikheid is dat niemand presies nog weet wat om te verwag nie.

Die regulasies rondom inperking is vandag in die Staatskoerant gepubliseer, en wat  kritiek belangrik is, is dat almal moet saamwerk om Covid-19 in sy spore te stuit, want afgesien van die geweldige omvang van hierdie virus het dit ‘n enorme impak op die ekonomie, op mense wat sonder inkomste gelaat word, op elkeen van ons se sak.

Teen Woensdag 25 Maart het Suid-Afrika reeds 709 bevestigde gevalle van Covid-19  gehad.

En nou meer as ooit tevore, is dit nodig dat elke Suid-Afrikaner MOET saamwerk.

As jy die regulasies van inperking oortree, kan jy strafregtelik vervolg word. Jy kan tot ses maande tronk toe gestuur word, ‘n boete kry, of selfs beide.

Die 21 dae tydperk van inperking tree Donderdag 26 Maart om midderdag in werking en duur tot 16 April om middernag, maar die regering kan die tydperk verleng sou dit nodig wees 

Wat jy moet weet oor inperking:

  • Jy mag nie jou huis of erf verlaat behalwe mense wat ‘n noodsaaklike diens moet verrig soos wat deur die regering gelys is, ‘n mediese noodgeval of dringende mediese behandeling benodig, jy jou maatskaplike toelaag moet gaan haal, of kos of medisyne moet gaan kry. Onthou egter dat jy kruideniers by jou naaste winkel moet kry  en dat groot winkelsentrums gesluit is vir die inperkingstyd.
  • Winkels mag ook nie ander goed verkoop as net noodsaaklike goedere nie.
  • Jy sal nie kan gaan stap, draf of  met jou hond in die straat stap nie.
  • Jy mag nie tussen provinsies in hierdie tydperk beweeg nie.
  • Jy mag nie tussen verskillende munisipale distrikte, dorpe of stede beweeg nie.
  • Saamtrekke is verbied.
  • Nagwake is verbied.
  • Alle besighede moet sluit behalwe dié wat op die lys van noodsaaklike dienste is. Dit sluit restaurante en wegneem-ete ondernemings in, asook kerke, sportklubs, ontspanningsklubs en plekke waar vermaak aangebied word. Ook teaters en flieks. Alle nie-noodsaaklike dienste selfs hotelle, gastehuise en casino’s.
  • Geen markte of basaars kan gehou word nie.
  • Jy kan nie na parke gaan nie.
  • Vakansieoorde is toe.
  • Drankwinkels sal toe wees en ook in supermarkte sal die gedeelte waar drank te koop aangebied word,  toe wees. Daarmee saam sal jy ook nie alkohole mag koop of gebruik in die openbaar nie.
  • Tavernes, kroeë en sjebeens sal toe wees.
  • Vervoerdienste word gestaak behalwe busse, taxi’s, Uber en private vervoer vir mense wat noodsaaklike dienste moet verrig, maar daar kan net gery word tussen 05:00 en 09:00 en van 16:00 tot 20:00.  Die voertuie moet ontsmet word en daaar moet ontsmettingsmidddel met minstens ‘n 60% alkoholbasis beskikbaar wees in alle taxi’s.  Openbare vervoer mag ook nie meer as 50% van hul gelisensieerde hoeveelheid mense vervoer nie. Dit beteken die helfte van die insittendes wat vroeër vervoer sou word. Geen openbare vervoerdienste mag tussen 09:00 en 16:00 gebruik word nie.
  • Mense in voertuie wat vier persone kan vervoer, mag ook net een insittende hê.
  • Daar is nie plaaslike of internasionale vlugte in hierdie tydperk nie, maar noodsaaklike vrag wordetoegelaat maar moet  eers ontsmet  word as dit uit van die hoë risiko lande kom.
  • By hawens sal net noodsaaklike vrag toegelaat word.
  • Jy sal nie jou voertuiglisensie of bestuurslisensie kan gaan hernu nie, want toetssentrums sal gesluit wees. As jou lisensie verval, sal dit geldig bly tot die beeindiging van die inperking.
  • Net 50 mense word by ‘n begrafnis toegelaat.
  • Binnelandse Sake sal doodsertifikate uitreik en net tydelike identiteitsdokumente. Jy sal nie kan aansoek doen vir paspoorte of ‘n nuwe ID-dpkument, of selfs geboortesertifikate of huweliksertifikate nie.
  • Munisipale dienste soos elektrisiteitsvoorsiening, water, riolering en vullisverwydering gaan wel voort en jy sal koopkrag kan kry.

Wees in hierdie tyd baie versigtig vir allerlei inligting en raad wat oraloor oor sosiale media versprei word. Maak seker jy maak eerder gebruik van betroubare nuusbronne en waak daarteen om fopnuus te versprei. Onthou dat ook dit jou in die moeilikheid kan laat beland.

Related Articles

Back to top button