News

Twee nooddienshelikopters en talle ambulanse op N1 na ernstige botsing

Twee noodhelikopters en talle nooddienste help om pasiënte te vervoer.

Voorlopige aanduidings is dat minstens nege mense vanmiddag gesterf het, en 14 pasiënte na onderskeidelik die Boitumelo, Vaalpark en Parys hospitale vervoer moes word na ‘n ernstige botsing op die N1 tussen die Vaal Plaza-tolhek en Engen One Stop vanmiddag ongeveer 14:00.

Drie voertuie was in die botsing betrokke waaronder ‘n vragmotor met ‘n vrag handsaniteermiddel, ‘n Chev bakkie en 22-sitplek minibus-taxi.

Twee nooddienshelikpters asook die provinsiale ambulansdiens, ER24, IMR, Netcare en VEC het gehelp om pasiënte van die toneel te vervoer.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button