News

Covid-19: ‘n Dokter se perspektief

Covid-19: ‘n Dokter se perspektief

‘n Suid-Afrikaanse dokter wat vir die afgelope 20 jaar in oordraagbare siektes spesialeer, het verlede week standpunt gestel.
“Ek werk in die armste krotbuurte in Afrika. MIV Vigs, hepatitus B, masels, TB, SARS, verkoues en witseerkeel is deel van my daaglikse werk. Met SARS was ek ‘n bietjie bang, maar niks maak my so bang soos die volgende nie.
Verstaan my mooi, ek is nie bang vir die koronavirus nie … ek is bang vir die vlaag van vrees wat posgevat het wat maak dat mense voor die voet voorraad van enigiets opgaar, sodat daar nie genoeg is vir diegene wat dit werklik nodig het nie.
Byvoorbeeld ek is bang vir al die maskers en sepe wat gesteel word by hospitale, klinieke en in winkels (deur gesonde mense), terwyl dit nodig is by lughawens, ouetehuise en skole.
Ek is bang vir hospitale wat oorweldig word deur mense wat nie dink hulle het dit nie, maar in elk geval hospitaal toe gaan, terwyl diegene met dubbele longsontsteking, hartversaking en beroertes, die prys moet betaal omdat die toue by ongevalle te lank is.
Ek is bang oor die reisbeperkings; troues wat gekanseleer word, gradeplegtighede wat gemis word, reünies wat nooit materialiseer nie, en daai vakansie waarvoor jy so lank gespaar het.
Om nie te praat van al die besigheide wat hieronder ly nie, en die diskriminasie!
In plaas van rede, rasionaliteit, oopkop wees, sê ons vir ons kinders, wees paniekbevange, verdag, vreesbevange, en selfsugtig.
Die koronavirus gaan nog lank met ons wees, dit sal kom na ‘n hospitaal, stad, straat, en mens naby jou.
Moenie verwag om verras te wees nie. Die virus gaan nie naby soveel skade doen soos mense se gedrag op die oomblik nie.
Ek smeek jou. Kalmeer jou vrees met nugter denke. Jou paniek met geduld en jou onsekerheid met kennis.
Hier is ‘n geleentheid om baie te leer oor higiëne, om aansteeklike siektes, wat al klaar in ons gemeenskappe is, van ontslae te raak.
Was jou hande, vervang vrees met feite.
Jou kinders sal jou bedank.

 

Related Articles

Back to top button