NewsNews

Troues, begrafnisse – so raak dit jou

Troues, begrafnisse - so raak dit jou

Ingrypende regulasies wat nou van krag is nadat president Cyril Ramaphosa Sondag 15 Maart ‘n noodtoestand aangekondig het om die verspreiding van die Covid-19 virus in SA te besperk, het ‘n direkte invloed op troues, begrafnisse en samekomste – selfs kerklike byeenkomste.

Die polisie het vandeesweek mense ernstig gewaarsku dat nie meer as 100 persone by ‘n funksie of samekoms waar geen drank ter sprake is, toegelaat sal word nie, insluitend troues en begafnisse.

By funksies, samekomste, troues ensovoorts waar drank ter sprake is, mag nie meer as 50 mense wees nie.

Die polisie sal seker maak dat hierdie regulasies nagekom word en swaar strawwe wag vir oortreders. Maak daarom seker veral by troues en begrafnisse dat net direkte naasbestaandes binne die vasgestelde getalle die geleenthede bywoon. Geen uitsonderings kan gemaak word nie.

Die polisie sal by samekomste waar die regulasies nie nagekom word nie, eers die byeenkoms onwettig verklaar en moet daar binne ‘n halfuur ontruim word, waarna verdere stappe teen oortreders sal volg as steeds nie gehoor gegee word nie.

Streng regulasies geld ook vir restaurante, kroeë, sjebeens, klubs en drankwinkels, wat weeksdae en Saterdae om 18:00 moet sluit. As daar meer as 50 mense op die perseel is, moet dié plekke ook onmiddellik sluit. Dit geld ook vir drankpersele.

Op Sondag en openbare vakansiedae moet daar om 13:00 gesluit word.

roeë en restaurante mag ook eers om 09:00 soggens oopmaak.

Geen dranklisensies vir spesiale geleenthede sal tydens die ramptoestand uitgereik word nie.

Polisiestasies bly egter oop en word alle dienste soos vroeër gelewer. Die nodige maatreëls word in plek gestel in lyn met die riglyne van die Wêreld Gesondheidsorganisasies (WGO) om te verseker dat sanitasie die hoogste prioriteit geniet.

Besoeke aan gevangenes by beide die polisieselle en korrektiewe sentrums is tans tydelik opgeskort.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button