NewsNews

Seun (6) skiet per ongeluk huiswerker met pistool

Seun (6) skiet per ongeluk huiswerker met pistool

‘n Sesjarige seuntjie het gister (Donderdag, 19 Maart) omstreeks 12:00 hul huiswerker per ongeluk met ‘n .22-pistool in die boud geskiet.

Die kind se ma was na bewering nie by die huis nie en het hy toegang tot die pistool in die hoofslaapkamer verkry.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, word die ma aangekla vir die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen. Sy het gister reeds in die Potchefstroomse landdroshof verskyn en is op R1000 borgtog vrygelaat.

Die polisie ondersoek ook ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die ma moet 7 April weer in die hof verskyn.

Die huiswerker is na die voorval in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

Lees die oorspronklike berig op https://potchefstroomherald.co.za/71349/seun-6-skiet-per-ongeluk-huiswerker-met-pistool/

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button