NewsNews

Witgoud-stormloop soos Swart Vrydag sonder winskopies

In elke mandjie of trollie lê die witgoud versteek onder die week, of selfs maande se proviant.+

Skaars was die winkeldeure oop, of die trollie-jaagtog agter kosbare witgoud rolle (toiletpapier) en die groot kruideniers- stormloop tref jou ook hier in Parys soos ‘n Swart Vrydag op jou nugter Maandag-maag.
En nee – jy het nie winskopies gemis as jy nie daar was nie, maar Covid-19 paniek wat mense na trollies laat gryp het om winkelrakke letterlik leeg te koop na Sondag se ingrypende maatreëls wat deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is om verspreiding van die virus te beperk.
In elke mandjie of trollie lê die witgoud versteek onder die week, of selfs maande se proviant.
In Duitsland is witgoud reeds ‘n skaars kommoditeit, vertel oud-Parysenaar, Morné Barradas. Die Barradas-gesin is sedert Desember 2019 in Seeheim-Jugendheim naby Darmstadt net suid van Frankfurt gevestig.
Morné vertel dat groot dele van Duitsland sedert Sondag in “lockdown” is as gevolg van Covid-19. Almal werk meestal van die huis en as jy moet ingaan werk toe, is dit in groepe van nie meer as vier nie. Daarbenewens word jy beperk tot die gebied waar die werk gedoen moet word, sê Morné.
Geen vergaderings – alles word virtueel gedoen. Ook daar is skole gesluit tot na die Paasvakansie (20 April).
Morné vertel dat die kinders van Maandag af hul skoolwerk per e-pos ontvang, en dit dan weer per e-pos moet terugstuur na hul onderwysers.

Danya en Anjo Barradas, twee oudskoliere van Parys, wys hoe daar deesdae ook in Duitsland met die elmboog gegroet word. Foto: Verskaf

Geen groot byeenkomste word toegelaat nie, publieke vervoer moet waar moontlik vermy word, en baie restaurante is tydelik gesluit.
“As een net nies of hoes, neem ons dadelik sy of haar temperatuur, en elke dag sluk elkeen getrou sy vitamiene om die immuunsisteem sterk te hou.”

Related Articles

Back to top button