NewsNews

Ingrypende maatreëls vir kroeë en restaurante

Landwye infeksietal staan nou op 150

Ingrypende regulasies  wat ingevolge die Wet op Rampbestuur Woensdag in die Staatskoerant gepubliseer is, kan veral restaurant- en kroegeienaars op hul knieë dwing, maar indirek ook  verrykende gevolge inhou vir wurgende verbruikers, want daar bestaan min twyfel dat ook hierdie maatreëls verrykende gevolg vir werknemers sal inhou.

Die regulasies bepaal onder meer dat kroeë en restaurante waar drank bedien word, nou weeksdae om 18:00 moet sluit, juis wanneer restaurante en kroeë op hul besigste is.  Indien meer as 50 mense gelyktydig op die perseel is, moet die plekke onmiddellik gesluit word. Drink- en eetplekke moet om 13:00 Sondae en op openbare vakansiedae sluit.

Kroeë en restaurante mag ook eers om 09:00 soggens oopmaak. Dié regulasies geld ook vir klubs, sjebeens en drankwinkels.

Geen dranklisensies vir spesiale geleenthede sal tydens die ramptoestand toegestaan word nie.

Intussen het die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika nou al gestyg na 150.

Wêreldwyd is 219 427 mense met Covid-19 gediagnoseer en  8 946 mense het al gesterf. Die syfer van mense wat genees is, staan op 84 154.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button