News

Chaos soos oproeriges by munisipale geboue betoog

Chaos soos oproeriges by munisipale geboue betoog

 

Chaos het vanoggend uitgebreek met ‘n oproerige skare wat by die hoofgebou van die J.B Marks Munisipaliteit in Wolmaransstraat betoog het. Die palisade-omheiding is omgestoot, kantore se vensters is stukkend gegooi, asblikke is omgegooi en vuur is by die ingang gemaak. Taxi-bestuurders het Wolmaransstraat en Nelson Mandelaweg afgesper en vuur in die straat gemaak.

Inwoners van uitbreiding 6 en 12 betoog oor dienslewering en eis dat die munispale bestuurder en die burgemeester moet bedank. “Daar is geen kommunikasie tussen die stadsraad en die gemeenskap nie. Die raadslede verryk hulleself en misbruik die belastingbetaler se geld, terwyl ons inwoners moet kripeer! Kontrakteurs word aangewys en voltooi nie hulle werk nie. Uitbreiding 6 sit al vir jare sonder toilette,” sê Pappas Khwaza kwaad.

Die polisie en sekuriteitsdienste was op die toneel om te keer dat die betogers nie verder skade aan die omliggende besighede aanrig nie.

Verkeer van en na die N12 wat deur die stad loop is deur die betoging beinvloed.

Alle vergaderings by die munisipale gebou was Donderdag gekanselleer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button