NewsNews

Covid-19: KKNK en Twee Oseane afgestel – president praat later vanmiddag

President Ramaphosa praat om 17:00 oor Covid-19

Die ekonomiese impak van Covid-19 word reeds in Suid-Afrika gevoel met al die Twee Oseane byeenkomste wat van 8 tot 11 April in Kaapstad gehou sou word, wat nou gekanselleer is  ter wille van die gesondheid en veiligheid van deelnemers, personeel, borge en die wedloopgemeenskap.

Volgens Debra Barnes, wedloopdirekteur, is die status van Covid-19 en sy wêreldwye  uitbreking dopgehou en is die besluit in oorleg met plaaslike owerhede en gesondheidsheidsowerhede geneem.

Ook die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wat van 24-29 Maart op Oudtshoorn gehou sou word en jaarliks duissende besoekers lok is afgestel. So ook die Kaapstadse Internasionale Jazzfees, die Africa Burn-hippiefees in die Tankwa-Karoo, en die internasionale Cape Epic bergfietsren waaraan verskeie Europese spanne sou deelneem.

Die moontikheid word ook genoem dat die Vrystaatse Kunstefees dalk na die tweede helfte van die jaar geskuif kan word, berig Netwerk24.

Suid-Afrika het tans 51 bevestigde Covid-19 gevalle en sal president Cyril Ramaphosa vandag, Sondag 15 Maart met die land praat oor Covid-19 op SABC2 en die SABC se nuuskanaal Dstv 404

Related Articles

Back to top button