News

Pensioenaris bou karre vir ‘n stokperdjie

VEREENIGING. – ’n Afgetrede Yskor-werker en bekende in plaaslike marathonkringe en voormalige tydrenjaer, leef deesdae sy passie vir motors uit deur sy eie voertuie te bou. Arthur Doyle (85), wat tot en met sy aftrede in 1993 vir Yskor as ’n siviele ingenieur gewerk het, het homself met behulp van boeke geleer hoe om dit …

Arthur Doyle (85), wat tot en met sy aftrede in 1993 vir Yskor as ’n siviele ingenieur gewerk het, het homself met behulp van boeke geleer hoe om dit self te doen.
Volgens Arthur neem dit dikwels jare om ’n voertuig te bou. “Die twee voertuie wat jy hier sien het ek oor die jare opgebou,” verduidelik Arthur terwyl hy na twee afslaankap-voertuie op sy erf beduie.

Arthur Doyle met die boeke wat
hom geleer het hoe om sy eie
karre te bou. Foto: Christiaan
Cloete

Die een voertuig lyk soos ’n afslaankapweergawe van die eerste Porsche wat in 1948 die lig gesien het en die ander een – ’n lang geel voertuig – het glo ’n Toyota 1600 CSM Twin Cam enjin met 20 kleppe onder die bakwerk. “Vyf kleppe per suier (piston). Dit is die resies-enjin van die Toyota’s,” sê Arthur trots terwyl hy na die geel voertuig kyk.
Arthur benadruk dat die bou van motorvoertuie ’n langsame proses is wat nie afgejaag kan word nie. “Ek bou die voertuie op my tyd. Dan raak ek nie kwaad of geïrriteerd nie,” vertel hy. En moenie dink die voertuie wat Arthur gebou het is net vir die vertoon nie! Hulle kan ry ook!
Een van die voertuie het die padwaardigheidstoets geslaag en is laat registreer, hoewel Arthur nie kan onthou presies wat hy met die papiere gedoen het nie. Hy vertel dat hy een Sondagoggend die kar vir ’n pretrit na ’n vriend naby Meyerton geneem het. Die vriend was natuurlik verstom om te sien dat die voertuig wel kan ry. Arthur sê dit is bevredigend om na jare se werk in die voltooide kar te klim en dit te bestuur.
“Jy is trots aan die einde van die dag dat die ding werk.” Die 85-jarige sê hy het nog altyd ’n passie vir motors gehad en vertel dat dat hy in sy jonger dae aan motorsport deelgeneem het, en selfs erekleure vir tydrenne gekry het.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Pensioenaris bou karre vir ‘n stokperdjie

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button