NewsNews

Kleurvolle spanwerk

Wanneer 'n dorp se mense staamstaan

Vele hande, ligte werk. Dit is die afgelope naweek gesien toe oud en jonk die verfkwaste nadergetrek, en Boomstraat in ‘n kleurvolle kunswerk van helder kleure omskep het. ’n Eens verwaarloosde, stukkende, betonmuur van die net so verwaarloosde Mimosa Tuine, wat nou na Saterdag die toonbeeld is van die warm, gasvryheid en omgee van Parysenaars waarvan menige besoeker al kon getuig.

Ons opregte dank aan Izelle Stonlake, Die Voortrekkers en Deon TerBlanche wat foto’s van die dag voorsien het. 

Vroegdag het kunstenaar Deon TerBlanche op wie se inisiatief die projek aangepak is, en ’n paar helpers reggestaan met verf en kwaste en kort voor lank het die verwers, oud en jonk, begin naderstaan. Selfs die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando onder leiding van die Meerkat-span het in hul getalle kom help, asook die Kasi Lion Community Initiative van Vredefort.


So ook inwoners van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum, en verbygangers wat ook nie die versoeking kon weerstaan om ‘n kwas nader te trek en te help nie. Daar is verwag dat die muur eers teen laatmiddag geverf sou wees, maar na net drie ure, baie pret en baie kleur, was daar bykans geen wit onderlaag hier te siene nie. Deon en sy span het die laaste afrondingswerk gedoen, en het die komplimente vir dié besonderse kunswerk begin instroom.

Saterdag het inderdaad die kroon vir Deon gespan op 8 weke se beplanning, skoonmaak, voorbereiding en harde werk. ’n Ongelooflike belewenis van hoe ‘n dorp se mense kan saamwerk.

Dankie aan die volgende borge wat hierdie projek moontlik gemaak het. 

Hoofborge: Botes Sand, Pula Build-It, Kleynex Trading, Deon TerBlanche Photography

Gastehuise: Otters’ Haunt, Jaloersplek, Waterfront Guesthouse, Silver Linings, Hospitality Hive, The French Affaire, Rus & Vrede on Vaal, Eljes Cottage, Egweni River Lodge, Le Grand Chateau, Woodlands Country Lodge, Boom 69.

Besighede: La Vie En Rose, Granny’s Pies, Anything Beautiful, Fantazia Cookies, Mica Hardware, Koepel Verpakking, La Oma Butchery, L. Design, Platteland, Stephanie Heathcote Physiotherapy, Marsela Designs, The Garden, National Roadhouse, Just Property, Route 59 Cafe, Parys Museum, Signseeker, Lewis Balink Foundation, O’s Restaurant, G&A Installations & Maintenance, Schwim’s Apteek, Epilepsy SA, Spur.

Privaat: Tertia Banks, Leida Schuman, Jan & Coral Fourie, Mandy Mundell, Claudia Steyn, Wimpie de Kock, Emil Trautman, Lisa de Speville, Willie Olivier, Gary & Amanda

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button