News

Jongman sterf na tref-en-trap ongeluk

Familie soek na ooggetuies, inligting

Die 24-jarige Ruan Voges is Saterdagaand in ‘n Bloemfonteinse hospitaal oorlede nadat hy Vrydagaand 6 Maart in Breëstraat kritiek beseer is in ‘n tref-en-trap-ongeluk.
Ruan wat in Springs gevestig was, het in Parys gekuier. Hy wou oënskynlik Breëstraat kruis toe hy  raakgery is.
Familie van Ruan het Saterdag ‘n ernstige pleidooi gerig tot ooggetuies of mense wat inligting het oor die ongeluk om na vore te kom.
Ruan se broer, Ronnie, het ook ‘n beloning van R1 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle opsporing van die persoon wat Ruan raakgery het. Mense wat inligting het is gevra om Ruan se sussie, Elzette te skakel by 073 068 9811. Die saak is by die polisie aangemeld.

Ons innige medelye met Ruan se familie.

Related Articles

Back to top button