News

Tweede Korona-geval in SA bevestig

Tweede geval bevestig

‘n 39-Jarige vrou van Gauteng is die tweede bevestigde geval van die Covid-19 virus in Suid-Afrika.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, hou die jongste geval wat vandag, Saterdag 7 Maart bevestig is, verband met die eerste geval van ‘n 38-jarige man wat vroeër die week in Hilton, KwaZulu Natal, met die virus gediagnoseer is.

Die vrou van Gauteng was saam met die man van KwaZulu Natal deel van ‘n groep van tien mense  wat saam na Italië gereis het.

Intussen is ‘n 39-jarige Suid-Afrikaner wat in Daegu in Suid-Korea werk, daar in kwarantyn geplaas nadat bevind is dat hy die virus onder lede het.

Mkhize het Suid-Afrikaners gevra om kalm te bly en dat mense wat deur virus geraak is, se privaatheid gerespekteer moet word.

Daar is die onderneming gegee dat Suid-Afrikaners op hoogte gehou sal word.

Intussen is ook berig dat die 5-verdieping  Xinija Express Hotel in Quanzhou in die Chinese Fuijan-provinsie inmekaar gestort het. Die hotel is glo gebruik om mense te huisves wat vermoedelik die korona-virus  het, berig Netwerk24. Daar was 70 mense in die gebou. Talle mense is reeds lewend onder die puin uitgehaal berig die South China Morning Post. Reddingswerkers was met die plasing van die berig nog op die toneel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button