NewsNews

Raakgery en vir dood gelos: Familie soek ooggetuies

Jongman kritiek in Bloemfonteinse hospitaal

Die familie van Ruan Voges (24) is baie dringend op soek na enige ooggetuies van ‘n ongeluk wat Vrydagaand 6 Maart in Breëstraat, Parys, plaasgevind het.

Volgens Ruan se sussie, Elzette, het Ruan  wat van Springs is,in Parys gekuier.  Hy wou klaarblyklik Breëstraat kruis toe hy raakgery is. Die skuldige persoon het oënskynlik ‘n grys of silwerkleurige Bantam of Corsa bakkie gery.

Ruan is aanvanklik eers by die Parys-hospitaal gestabiliseer en toe oorgeplaas na ‘n Bloemfonteinse hospitaal. Sy toestand is uiters kritiek. Elzette het gevra dat mense vir Ruan sal bid dat hy moet veg en nie moet opgee nie. Ook dat die volgende 48 uur kritiek is vir Ruan.

Die saak is by die polisie aangemeld.

Ruan se broer, Ronnie, het intussen ‘n beloning van R1 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle opsporing van die persoon wat Ruan raakgery het.

As jy ‘n ooggetuie was of enige inligting het skakel asseblief vir Elzette by 073 068 9811.

Related Articles

Back to top button