NewsNews

Vroue bid saam op Wêreldbiddag

Vroue bid saam op Wêreldbiddag

Dwarsoor die wêreld word die eerste Vrydag in Maart interkerklik gevier as Wêrelbiddag vir Vroue. Christen-vroue van alle kerklike denominasies kom op hierdie dag bymekaar om saam te bid.
Die gebruik dateer uit 1887 uit die VSA. In Suid-Afrika is die eerste Wêreldbiddag in 1930 in Seepunt, Kaapstad, gehou. In 1946 is die nasionale komitee gestig wat jaarliks die biddag in Suid-Afrika reël. Elke jaar word daar ’n land aangewys om die program saam te stel en te fokus op gebedsake in hul eie land.
Vanjaar is dit Zimbabwe se beurt. Die tema vir 2020 kom uit Joh. 5:1-9: “Staan op, neem jou mat op en loop!”
In Parys sal die biddag môre, Vrydag 6 Maart, om 10:00 in die NG Kerk Parys-Suid (Delverstraat), gehou word. Kom luister na interessanthede oor Zimbabwe en kom deel in dié gebedsgeleentheid. Die Biddag vir Mans sal Saterdag 7 Maart om 07:00 ook by die NG gemeente Parys-Suid gehou word.
’n Dankoffer sal opgeneem word vir die Bybelgenootskap van SA vir Bybelverspreiding. Almal is welkom

Related Articles

Back to top button