NewsNews

Veiligheid tuis – onthou die wenke

* Wees te alle tye sekuriteitsbewus. *Verander soms jou roetine sodat jy nie altyd op dieselfde tye jou huis verlaat en weer tuis kom nie. * Sodra jy ʼn ander woning betrek, vervang alle deurslotte. Vriende en bure mag duplikate van die huis se sleutels in hulle besit hê. Vervang hekslotte met ordentlike slotte, sodat …

* Wees te alle tye sekuriteitsbewus.
*Verander soms jou roetine sodat jy nie altyd op dieselfde tye jou huis verlaat en weer tuis kom nie.
* Sodra jy ʼn ander woning betrek, vervang alle deurslotte. Vriende en bure mag duplikate van die huis se sleutels in hulle besit hê.
Vervang hekslotte met ordentlike slotte, sodat dit nie maklik met ʼn skroewedraaier of twee oopgemaak kan word nie.
* Maak alle gordyne toe na sononder.
* Maak ʼn gewoonte daarvan om meer as een lig in die huis aan te skakel. Die badkamerlig, is altyd ʼn goeie roep. Goedbeligte huise skrik onwelkome besoekers af.
* Wanneer onbekende persone jou versoek om jou telefoon te gebruik om een of ander noodoproep te maak, maak seker die persoon glo daar is nog iemand in die huis en moenie jou selfoon sommer net oorhandig nie. Kry die nommer en skakel self.
* Wees op ou hoede as daar persone opdaag by jou huis om die een of ander iets te kom doen waarvan jy nie kennis dra nie, soos TV-lisensie inspekteurs, iemand wat na telefoon, water of elektrisiteitsmeter wil kom omsien, bouinspekteurs, sensus data-versamelaars, marknavorsers, verteenwoordigers vir advertensienuusblaaie ensovoorts. Dring aan op identifikasie
* Moet geen vreemdelinge vertrou, hetsy hulle geklee is in uniform of oorpakke met die regte benaming van hul werksplek nie. Bevestig hulle identiteit deur hul kantoor (met ʼn skakelpersoon) te bevestig.
* Moet nooit aan vreemdelinge noem dat jou bure by die werk, weg vir die naweek of met verlof is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button