NewsNews

Reën plaas nie demper op feesgees vir boere nie

Reën plaas nie demper op feesgees vir boere nie

Selfs nie eens Saterdag se aanhoudende swaar reën kon feesgangers se gees demp vir die Blikkiesfees wat op die Hervormde kerkterrein gehou is.
Vanjaar se feestema was, “’n Blikkie vir ‘n boer” en is gepoog om soveel moontlik blikkies nie-bederfbare kos bymekaar te maak vir boere in van die land se ergste droogtegeteisterde gebiede.

Die eende-weer het beslis nie die feesgees gedemp nie. Foto’s: Deon TerBlanche.

 

Selfs bejaardes van drie tehuise in die dorp het onderling meegeding om te kyk wie die meeste blikkies nie-bederfbare kos vir die fees kon bymekaar maak. Sally Martin Park se bejaardes het met die louere weggestap.

 

 

 

 

 

Adam Tas op die verhoog. Foto’s: Verskaf


Naas verskeie uitstallers, lekkernye vir die honger mae en dorstige kele, was verskeie kunstenaars soos Adam Tas, Manie Jackson, Tinus Venter, die Magalies Boere-orkes, Chrissie Rossouw, en Reinhardt Venter deel van die fees wat vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens aangebied is.
AfriForum het vanjaar as hoofborg opgetree, met dié organisasie se Heilbron, Parys, Potchefstroom, Sasolburg en Wolmaransstad takke wat gehelp het om blikkieskos in te samel.

Vanjaar was AfriForum die hoofborg en het dié trekkertjie gesorg vir ‘n prentjiemooi foto. Op die trekker smul Nikita Kruger aan haar pannekoek. By haar is Cilliers Kruger. Foto’s: Verskaf

Sasolburg-tak alleen het meer as 2 000 blikkies ingesamel.
Die AfriForum-takke se bydraes was reeds meer blikkies as wat met die hele 2019 fees ingesamel is. AfriForum het ook die optrede van Adam Tas geborg.
Ander borge vir die fees was Heineken, O’s en Avbob, terwyl motorfietsklubs ook by die fees betrek is. Dankie aan elkeen wat kom ondersteun, bygedra of sommer net kom inloer het om seker te maak dat met hierdie fees ’n verskil gemaak word vir boere wat werklik nood ervaar.
* Parys het in totaal vir Februarie-maand 190mm reën gehad.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button