NewsNews

Dok op, of ry maar so… want geldkrane is droog

Terwyl grondeienaars al by herhaling self moes help met herstelwerk aan die Vaal Eden-pad (S171), moes die Land Care komitee die afgelope week weer self plan maak met slaggate. Dit net om die pad rybaar te kry vir nie net grondeienaars langs die roete nie, maar ook mynvoertuie en toeriste wat gereeld van die pad …

Terwyl grondeienaars al by herhaling self moes help met herstelwerk aan die Vaal Eden-pad (S171), moes die Land Care komitee die afgelope week weer self plan maak met slaggate. Dit net om die pad rybaar te kry vir nie net grondeienaars langs die roete nie, maar ook mynvoertuie en toeriste wat gereeld van die pad gebruik maak vir die trou- en funksie-fasiliteite wat hier geleë is.
Volgens Arnold de Beer van Land Care, is daar aan ’n 10km strook teerpad gewerk, en het die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, aangedui dat daar dié keer glad nie geldelik bygedra kan word nie, omdat daar nie geld is vir herstel van sekondêre paaie nie.
Dit beteken as daar nie self opgedok word nie, moet motoriste maar vrede maak met die teervoos-pad. Verlede jaar is aan die grondpad-gedeelte voor Sandfontein verby, oorkant die Almur Smit Pluimveeplaas op pad vliegveld toe gewerk, asook aan die teergedeelte van die S171. Toe is die pad geskraap, leivore gemaak en gruis bygesit, en het die departement teer beloof om die slaggate reg te maak.


Hoewel verlede jaar se projek hoofsaaklik gemeenskapsgedrewe was, het die departement gehelp met toerusting.
Daar word al jare gekla oor die haglike toestand van die S171. Aanbevelings oor die herstel van dié pad is reeds in ‘n verslag in Julie 2017 gemaak.
Die grootste redes vir die agteruitgang van die pad is die toename in swaar verkeer en gebrekkige instandhouding.
Naas talle slaggate, het die swak dreinering, toegegroeide padskouers en verbleikte padtekens dit baie moeilik gemaak om van die pad gebruik te maak.
Mense wat kan bydra tot die herstel van die pad, kan steeds elektroniese oorbetalings maak na die Land Care Road Fund, Capitec, rekeningnommer 1661083097. Gebruik ‘teerpad’ en jou naam as verwysing.
* Land Care is ‘n gemeenskapsgedrewe, regeringsprogram vir volhoubare bestuur, gebruik en beskerming van landbou en ander natuurlike hulpbronne

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button