NewsNews

Parys maak blikkies bymekaar ten spyte van reën

Blikkiesfees in Parys

Selfs nie eens Saterdag se  swaar reën kon feesgangers se gees demp vir die Blikkiesfees wat op die Hervormde kerkterrein gehou is. En terwyl genadereën sonder ophou Saterdag in Parys geval het is daar juis vanjaar met die fees gepoog om soveel moontlik blikkies nie-bederfbare kos bymekaar te maak vir boere in van die land se ergste droogtegeteisterde gebiede.


Dankie aan elkeen wat kom ondersteun, bygedra of sommer net kom inloer het om seker te maak dat met hierdie fees ’n verskil gemaak kon word vir boere wat werklik nood ervaar. Lees meer oor die fees in hierdie week se Gazette


* Altesaam 190mm reën is vir Februarie in Parys gemeet.

Related Articles

Back to top button