NewsNews

Die verhoog en die publiek was sy lewe

Big Daddy se stem stil

Hy sal altyd as die vader van Countrymusiek in Suid-Afrika onthou word, en van sy grootste treffers soos, “Dankie”, “Vicki” en “Ahoy, Madagaskar, ahoy!” sal altyd ‘n besondere plek hê in die harte van sy vele aanhangers wat oor jare sy musiek geniet het.

Lance James of te wel Big Daddy soos mense graag na hom verwys het, is vandag, Maandag 2 Maart  in die ouderdom van 81 jaar oorlede na ‘n lang siekbed waar hy aanvanklik eers vir hartprobleme behandel is, en toe nadat hy geval het in die hospitaal ook ‘n heupvevangingsoperasie moes kry. In Januarie is hy in die hoësorgeenheid van ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem en behandel vir ‘n infeksie wat hy na die heupvervanging opgedoen het.

Sy dood laat ‘n groot leemte in Suid-Afrikaanse musiek waar hy altyd geken was as ‘n gentleman en die stem van die baie gewilde program, “Keep it Country” wat destyds op Springbokradio gehoor is.

Sy laaste album, Swansong, is nog in 2019 uitgereik.

Vir Lance James was die verhoog en die publiek sy lewe.

Lance James word oorleef deur sy lewensmaat, Eunice Wait,   sy twee dogters, en drie kleinkinders.

Related Articles

Back to top button