News

Dié soete kaneelverleiding vandag gevier

Korsloos, met skilferkors, in pannekoek, kolwyntjie-pan, kaneel of amandel gegeur – of sommer net so saam met ‘n koppie boeretroos. Die soet kaneelverleiding word  vandag behoorlik gevier deur Suid-Afrikaners met Nasionale Melktert-dag. Tog is melktert nie so eie aan Suid-Afrika soos wat Suid-Afrikaners graag wil glo nie Baie ander lande het soortgelyke weergawes. Die Spanjaarde …

Korsloos, met skilferkors, in pannekoek, kolwyntjie-pan, kaneel of amandel gegeur – of sommer net so saam met ‘n koppie boeretroos.

Die soet kaneelverleiding word  vandag behoorlik gevier deur Suid-Afrikaners met Nasionale Melktert-dag.

Tog is melktert nie so eie aan Suid-Afrika soos wat Suid-Afrikaners graag wil glo nie Baie ander lande het soortgelyke weergawes.

Die Spanjaarde geniet hul eier-vla. Die Portugese smul aan vla-tertjies, die Franse kookkuns het sy eie variasie van Gateau Basque, Mille Feuille en meer, terwyl selfs die Jode-tert wat Suid-Afrikaners goed ken, se vulsel ook herinner aan die tradisionele melkert.

Eintlik is dié lekkerny al van die Middeleeue bekend toe daar in kloosters amandelpap gemaak is van amandelmelk wat met gemmer en kaneel gegeur is.

Die amandelpap het later plek gemaak vir eier-vla in al wat kors is gebak.

Die gebruik om suiker oor geregte te sprinkel, kom ook uit die middeleeue.

Maar of jy nou broskors of ‘n skilferkors gebruik, of  kortpad kies met korsloos,  geur met amandel, kaneel of naartjie – melktert in watter variasie bly ‘n wenner.

Sny daarom die skywe maar rojaal vandag, want dit is immers Nasionale Melktertdag!

 

Related Articles

Back to top button