News

Blikkiesfees met lekker kuier dié naweek

Sien jou Saterdag by die Blikkiesfees!

Hierdie Saterdag (29 Februarie) kan Parysenaars en besoekers aan die dorp ‘n verskil maak aan die nood van sovele boere in van die ergste droogtegeteisterde gebiede in ons land.
Al wat jy moet doen is om te kom saamkuier op die kerkterrein van die Hervormde Kerk, Parys (h/v Loop- en Waterstraat) vanaf 09:00 tot 18:00. Die tema is: “‘n Blikkie vir ‘n Boer!” Alle blikkies nie-bederfbare voedsel wat die dag ingesamel word, sal versprei word na boere in nood.
Toegang na die fees is slegs R20 vir volwassenes, asook ‘n blikkie nie-bederfbare kos, terwyl kinders gratis ingaan en net ‘n blikkie nie-bederfbare kos moet saambring.
Vanjaar word motorfietsklubs ook by die dag betrek en sal daar ‘n bywonings lapelwapen te koop wees by die hek teen R10. Kunstenaars wat sal optree sluit in Adam Tas, Manie Jackson, Tinus Venter, die Magalies Boereorkes, asook Chrissie Rossouw en Reinhardt Venter.
Kom smul aan heerlike basaarkos en les jou dors in die biertuin op die terrein. Vir net R20 kan jy aan die Mnr. Boepens-kompetisie deelneem, of kom staan ‘n kans om ‘n vakansie midweek by Ukweza, Marlothpark te wen. Koop jou kaartjie teen R50 per kaartjie. Die trekking sal by die fees gedoen word. Blikkies nie-bederfbare kos kan ook nog op Dinsdae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00 by die Hervormde Kerk in Parys afgelewer word, of skakel die kerkkantoor by (056) 822 5026. Sien jou Saterdag by die Blikkiesfees!

Related Articles

Back to top button