News

Vaalrivier ’n toevlugsoord vir haweloses

VEREENIGING. – Die oewers van die Vaalrivier het ’n toevlugsoord geword waar talle hawelose gesinne deesdae ’n bestaan maak deur vis te vang, skryf Christiaan Cloete vir Vaalweekblad. Die lewensonderhoudende water en oorvloed van visbronne maak skynbaar van die rivier ’n gesogte adres vir diegene met geen ander heenkome nie, en ander wat verkies het …

Die lewensonderhoudende water en oorvloed van visbronne maak skynbaar van die rivier ’n gesogte adres vir diegene met geen ander heenkome nie, en ander wat verkies het om te ontsnap uit die rotresies en die vergeefse gejaag na geld.

Die feit dat daar geen erfbelasting, munisipale heffings of huur betaalbaar is nie, maak soveel te meer van die gebied ’n aanloklike blyplek.

Skaars ’n katspoegie van waar die rykes in weelde langs die rivier leef, tref mens deesdae dié enklawes van haweloses oral langs die rivier aan.

Selfs met die besoedeling waaroor daar gereeld berig word, blyk dit of dié gesinne wat langs die Vaalrivier woon, min getraak is.

Met Vaalweekblad se besoek aan die oewers van die Vaalrivier het ons ook verskeie kampies aangetref wat skynbaar vir bestaansvisvang ingerig is.

Related Articles

Back to top button