NewsNews

Total gaan binne kort skoon maak

‘n Bestuurspan en kontrakteur van Total SA het in Januarie die N12 Total Vulstasie, wat van rioolbesoedeling beskuldig word, besoek en begin eersdaags met ‘n remediërende program, berig Vanessa van der Westhuizen van Potchefstroom Herald ‘n Bestuurspan en kontrakteur van Total SA het in Januarie die N12 Total Vulstasie, wat van rioolbesoedeling beskuldig word, besoek …

‘n Bestuurspan en kontrakteur van Total SA het in Januarie die N12 Total Vulstasie, wat van rioolbesoedeling beskuldig word, besoek en begin eersdaags met ‘n remediërende program.

Volgens die woordvoerder van Total SA, Nadia Vosloo, sal ‘n kontrakteur van Total op Maandag, 24 Februarie met ‘n skoonmaakprogram en versterkingswerk op die terrein van die Total Vulstasie begin. Volgens Total SA kon die toetse wat die bestuurspan en kontrakteur in Januarie gedoen het, nie met sekerheid bevestig dat die afvalwater wat uit die mangat loop, van die Total Vulstasie afkomstig is nie. “Dit is omdat die mangat die versamelpunt van drie bronne is, naamlik die N12 dreinering, twee aangrensende eiendomme en die vulstasie self,” sê Vosloo. Volgens haar het Total SA nietemin ingestem om remediërende aksie te neem omdat hulle gesondheid, veiligheid en omgewingsverantwoordelikhede ernstig opneem.
Vosloo het bevestig die werksaamhede by die vulstasie behoort teen 31 Maart afgehandel te wees.
Die Herald het verneem dat die hoof omgewingsbeampte van J.B Marks tans in Nieu-Seeland is en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Total gaan binne kort skoon maak

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button