NewsNews

Wanneer ’n pa se hart weer dans

Wanneer ‘n ouerpaar na maande se uitsien na daardie klein bondeltjie vreugde, saans na ‘n leë huis moet terugkom met die onsekerhede en kommer van ‘n vroeggebore baba in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal, is dit net geloof en gebede wat jou dra. Nou, vyf jaar na die geboorte van sanger Kwaggabees en sy …

Wanneer ‘n ouerpaar na maande se uitsien na daardie klein bondeltjie vreugde, saans na ‘n leë huis moet terugkom met die onsekerhede en kommer van ‘n vroeggebore baba in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal, is dit net geloof en gebede wat jou dra.

Nou, vyf jaar na die geboorte van sanger Kwaggabees en sy vrou Nicholene se seuntjie Meyer, kan dié sanger weer dans met ‘n tweede lied wat spesiaal vir Meyer geskryf is. ‘n Lied wat vertel van hierdie boorling van Parys se liefde tussen ‘n pa en seun.

Die enkelsnit, Skadus wat dans is pas vrygestel as deel van ‘n splinternuwe album wat Kwaggabees-aanhangers moontlik teen die einde van die jaar te wagte kan wees.
Skadus wat dans sal reeds van volgende week op KykNet se kanaal 146 wees sowel as op ander kanale, en is reeds op die YouTube kanaal onder Kwaggabees te sien.
Die musiekvideo is in Januarie vanjaar in Parys verfilm in ‘n leë pakstoor by Basa Park.

“Video-idees is maar altyd moeilik, gesels Kwaggabees, wat ‘nie ‘n ou vir storielyne is nie.’”“Ek hou van yster, geboue en die natuur,” sê hy wanneer hy vertel hoe die gebou dadelik met hom ‘gepraat’ het. Ses manne moes help om die klavier by die stoor te kry en is daar ‘n dag lank verfilm. Geen spesiale effekte is gebruik nie. Ryno Steyn het die video verfilm met Kwaggabees wat die redigering self behartig het.
In die video kan die baie talenvolle graad 10-leerder, Mizelle Terre’Blanche (foto hieronder), wat self ook ‘n Parysenaar is, gesien word waar sy ballet in die skadu voor die muur om ook gestalte te gee aan die beeldspraak van die lied.

 

Mizelle het sy oog gevang waar sy eendag by Stonehenge gedans het terwyl hy ook besig was met ‘n vertoning. “Mizelle is ongelooflik talentvol en die video is een van my gunstelinge waaroor ek baie opgewonde is,” gesels Kwaggabees.
Skadus wat dans is ‘n opvolg van sy vorige enkelsnit, Crazy mal oor jou wat Kwaggabees ook vir sy seun, Meyer, geskryf het net na sy geboorte met ‘n noodkeisersnee weens ernstige komplikasies tydens die swangerskap. Klein Meyer het toe net ‘n skrale 650g geweeg.
In retrospeksie op die vyf jaar wat verby is, laat Skadus wat dans jou besef hoeveel seëninge daar in elke dag is – selfs in moeilike tye.

Meer oor Kwaggabees:
Kwaggabees se musiekloopbaan het hier in Parys begin en sedert 2012 is hy ‘n bekende by feeste en op groot verhoë regoor die land.
Sy eerste album is reeds in 2014 bekroon met ‘n Ghoema-nominasie vir Beste Alternatiewe album. In 2016 bring hy sy tweede album Dans dans uit. Sy lekker Afrikaanse dansmusiek het hope energie en baie hart en siel in sy ‘songs’.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button