News

Voëlliefhebbers kom wys hul foto’s

Saam met Feathers kan jy toegang kry tot verskeie plase en ander plekke om voëls te kyk.

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms is op Donderdag 27 Februarie.
By die geleentheid wat om 18:30 in die Sally Martin Park saal gehou word, sal Fanie en Tertia Pretorius en ‘n paar ander lede van hul foto’s kom deel.
Op Saterdag 29 Februarie sal die klub Paradyskloof in die Dome besoek. Belangstellendes sal om 06:00 vanaf die PnP se parkeerterrein vertrek. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, ‘n stoel en voëlboek saam.
As jy nog altyd in die voëls van die omgewing en elders belang gestel het, is jy baie welkom om saam te kom kuier.
Saam met Feathers kan jy toegang kry tot verskeie plase en ander plekke om voëls te kyk.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754/082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Related Articles

Back to top button