News

Man dood na botsing tussen Shosholoza Meyl en goederetrein

Treinbotsing

Gisteraand (Woensdag 12 Februarie) se botsing tussen die luukse Shosholoza Meyl en ‘n goederetrein, het die lewe van ‘n man gekos, terwyl ‘n vrou in ‘n kritieke toestand met’n noodhelikopter na die Netcare Milpark-hospitaal vervoer moes word.

Netcare 911 het net na 21:00 gereageer op die oproep van die botsing tussen die Horison View en Roodepoort-Wes treinstasies naby Johannesburg.

Die trein het Dinsdag met 36 passasiers en 14 personeel uit die Kaap vertrek. Vyf passasiers het op Kimberley afgeklim waarna die trein na Johannesburg is.

Nog twee pasiënte moes ook met minder ernstige beserings na ‘n nabygeleë hospitaal geneem word vir behandeling.

Geen Metrotrail treine het vanoggend (Donderdag 13 Februarie) tussen Randfontein en Johannesburg geloop nie.

Die voorval word ondersoek

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button