News

Waarskuwing: Nie vir sensitiewe lesers nie

Man vas wat glo kat langs pad wou eet

WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe lesers nie.

Potchefstroom Herald berig dat ‘n man vandag (10 Februarie) omstreeks 14:30 op aanklag van dieremishandeling in hegtenis  geneem is nadat hy ‘n kat aan ‘n reling vasgemeaak het en dit glo wou slag om te eet.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die sekuriteitsmaatskappy omstreeks 14:07 ‘n oproep ontvang van ‘n vrou wat vertel dat ‘n man besig is om ‘n kat aan die reling van die laagwaterbrug op die hoek van Spruit en Walter Sisulustraat vas te maak.

Mooirivier Beskerming is saam met PAWS na die toneel. Die man het gevlug nadat hy die Mooirivier en PAWs beamptes sien aankom het. Hy  is kort daarna op die hoek van Albert Luthuli en Peter Mokaba vasgetrek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button