NewsNews

’n Tree van geloof vir plaaslike fotograaf

’n Tree van geloof vir plaaslike fotograaf

Die uitdaging vir enige fotograaf wat sy sout werd is, is kreatiewe foto’s. Foto’s wat meer as net ‘n mooi prentjie is.
Parysenaar Deon TerBlanche is ‘n fotograaf wat dié kuns verstaan.
Dié foto hieronder is die finale resultaat van 12 verskillende foto’s wat hy gebruik het om die eindproduk te kon kry. Wat dit nog meer van ‘n uitdaging gemaak het was dat al 12 foto’s se verhouding, hoek en lig moes ooreenstem vir die finanle foto om sin te maak en die idee te ‘verkoop’ aan die kyker.
Deon het die foto, getiteld, “A Step of Faith” ingeskryf by gallerye en fotogroepe oor die wêreld deur Facebook, nuusbriewe ensovoorts.
Dit nadat hy juis die vraag na kreatiewe foto’s van regoor die wêreld raakgesien het vir ‘n groepuitstalling by die Foley Galery in New York.
Die uitstalling word in Maart vanjaar gehou en is Deon se foto-kunswerk aanvaar om deel te wees van die groepuitstalling.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button