NewsNews

Boepensbroodjie-bydrae vir Bybels

‘n Hele 4 000 van hulle. En dit alles vir Bybels.

Elke R55 wat ingesamel kan word, maak dit moontlik vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om ’n Bybel bekostigbaar te verkoop. En daarom is daar weer vanjaar boepensbroodjies of te wel jaffels by die duisende, by die NG gemeente Parys-Oos gebak. ’
‘n Hele 4 000 van hulle. En dit alles vir Bybels.
Vanjaar was dit die 17de jaar agtereenvolgens dat die Oos-gemeente reggestaan het agter die jaffelpanne, en ‘n gemeente pretdag aangebied het as sy projek vir die Bybelgenootskap. Die langste aaneenlopende projek vir dié doel in die Vrystaat.


Sestien hoofstroom kerke het 2020 verklaar as die Jaar van die Bybel, en sal daar op 29 November vanjaar, die derde Afrikaanse vertaling van die Bybel deur die Bybelgenootskap bekendgestel word om saam te val met die Bybelgenootskap se 200 jaar bestaansviering.

Die 2020 Belydenisklas neem deel aan die NG gemeente Parys-Oos se pretstap wat verlede naweek gehou is.

Soos vorige jare het die Voortrekkers van Parys ook weer die Pretstap ondersteun. 

Oom Andries van Jaarsveld wat die oudste deelnemer aan die pretstap. 

Die pretstap was ‘n familie-dag soos min.

Die vorige Afrikaanse vertalings is in 1933 en 1983 onderskeidelik bekendgestel. Dit beteken dat daar nou reeds vir 87 jaar ‘n Afrikaanse Bybelvertaling is.
Die Bybelgenootskap self is in 1820 in Tuinhuis gestig. Vandag is daar 200 Bybelgenootskappe oor die wêreld.
Het jy geweet?
* Om ‘n Bybel te druk kos vandag R154. Tog verkoop die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ‘n standaard Bybel teen net R99. Die R55 verlies per Bybel word gedra deur verskeie fondsinsamelingsprojekte waarvan die Trap vir Bybels en jaffel-bak, maar enkele van die pogings is.
* Elke vier jaffels wat verkoop is, het bygedra om ‘n Bybel bekostigbaar te kan verkoop.
* 23 miljoen Bybels word nog benodig.
* ‘n Miljoen Bybels word jaarliks beskikbaar gestel, maar vanjaar gaan daar gepoog word om die getal te verdubbel

Related Articles

Back to top button