News

All Things Adventure om die draai

‘n Naweek vol avontuur, sang en uitstallers is vanjaar deel van All Things Adventure wat op 9 Mei by Stonehenge langs die Vaalrivier, net ‘n hanetree vanaf Parys, gehou word. Die organiseerders is druk besig om voor te berei vir aktiwiteite soos ‘n avontuur motorfietskompetisie, ‘n bedrywige 4×4-baan, ‘n bergfietsren, witwaterroei, vlieghengel-demonstrasie en nog talle …

‘n Naweek vol avontuur, sang en uitstallers
is vanjaar deel van All Things Adventure wat op 9 Mei by Stonehenge langs die Vaalrivier, net ‘n hanetree vanaf Parys, gehou word.
Die organiseerders is druk besig om voor te berei vir aktiwiteite soos ‘n avontuur motorfietskompetisie, ‘n bedrywige 4×4-baan, ‘n bergfietsren, witwaterroei, vlieghengel-demonstrasie en nog talle ander.
‘n Hele string musiekkunstenaars sal reeds
van vroeg die middag af optree. Die bergfietsren beloof om talle deelnemers te lok en
behalwe die bekende Kids Warrior Race, is
daar vanjaar ook die Badger Race vir volwassenes.
Dit begin en eindig, soos met die bergfiets-ren, by die All Things Adventure- terrein. Vir watersport-geesdriftiges is daar weer geleentheid om onder toesig in die lekker stroomversnellings van die
Vaalrivier te gaan roei.
All Things Adventure bied geleentheid vir uitstallers om mense te bereik wat lief is vir avontuur en die buitelewe.
Aktiwiteite op die 4×4 baan, avontuur-motorfietsbaan, die bergfiets-ren en die Badger hindernis- en veldren is beslis nie net vir ervare of professionele deelnemers nie.
Inteendeel, dit skep juis geleentheid vir enigiemand om in te skryf.


Talle uitstallers het reeds bespreek.
Behalwe kos en stalletjies vir handgemaakte ware, is handelaars van bekende motorvoertuie
en buitelewe-toerusting deel van die dag.
Dit is die perfekte geleentheid vir handelaars om nuwe en bestaande produkte in avontuur en buitelewe bekend te stel.
Skakel Antoinette Badenhorst bedags by (018) 293 0750 vir uitstalruimte of e-pos
haar na Antoinette.Badenhorst@mooivaalmedia.co.za.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button