News
Spoegwolf sing vir studente selfs na afstel van JOOL optrede
Vanessa van der Westhuizen van Potchefstroom Herald berig dat die musiekgroep Spoegwolf verlede Donderdagaand spontaan ‘n vertoning in die plaaslike Albuquercue Spur in Potchefstroom gegee. . Die beplande Joolkonsert van verlede Donderdag (30 Januarie) is afgestel weens ‘n hewige donderstorm wat die Joolplaas in puin gelaat het. Al die optredes vir Donderdagaand is gekanselleer. Spoegwolf …
.
Die beplande Joolkonsert van verlede Donderdag (30 Januarie) is afgestel weens ‘n hewige donderstorm wat die Joolplaas in puin gelaat het. Al die optredes vir Donderdagaand is gekanselleer.
Spoegwolf was een van die musiekgroepe wat nie kon optree nie.
Chris von Wielligh, ‘n kitaar- en klavierspeler van Spoegwolf, sê dat een van die studente ‘n kitaar uit sy kattebak gaan haal het en gevra het dat hulle tog maar iets vir hulle kan sing.
“Dit is die eerste keer dat ons so onverwags optree. Ons het dit vreeslik geniet. Ons hoofsanger, Danie du Toit, het selfs op ‘n tafel gedans”, vertel Chris.