NewsNews

Rowers teiken studente, wees paraat!

Rowers teiken studente, wees paraat!

Elsje Vermeulen van Vaalweekblad berig dat dit  nie net skoolkinders is wie se veiligheid ‘n prioriteit is nie. Studente moet net so versigtig wees en altyd ingestel en paraat wees.

‘n 19-Jarige eerstejaar student van Oudtshoorn is onlangs binne ‘n studente woonkompleks beroof wat weer eens bewys hiervan is. Hier in die Vaal was daar egter al heelwat voorvalle waar VUT studente selfs in die koshuise aangerand, beroof en selfs vermoor was.

Volgens Charnel Hattingh, nasionale woordvoerder van Fidelity ADT, is studente ‘n teiken omdat kriminele daarvan bewus is dat studente gewoonlik skootrekenaars, selfone and ander elektroniese “gadgets” by hulle het – wat maklik gedra en vir kontant verkoop kan word.

Die belangrikste raad van Fidelity ADT is: dat daar veiligheid in getalle is.  Daar is geen sekerheid dat krimenele nie op ‘n groep studente sal toeslaan nie, maar ‘n enkelloper is beslis ‘n sagter teiken.

Hier is ‘n paar veiligheidswenke: 

Waardevolle eiendom: Probeer om veral elektroniese toerusting uit die sig te hou.

Luister: Moenie met oorfone en musiek in jou ore rondloop in so ‘n mate dat jy afgesny is van dit wat om jou aangaan nie. As jy kan hoor wat om jou aangaan is dit moeiliker om onkant betrap te word.

Roetes: Gebruik die veiligste roete, al is dit die verder roete – kies veral roetes waar daar heelwat ander mense is.

Alarms: Studente wat ‘n huis deel moet onthou om altyd die alarmstelsel te aktiveer. Hou ook “panic buttons” byderhand.

Noodsituasies: Moenie ‘n held probeer wees in noodsituasies soos ‘n rooftog nie. Gee die rowers wat hulle wil hê en kontak die polisie daarna sodra jy kan.

Skakel na oorspronklike artikel: https://vaalweekblad.com/56541/rowers-teiken-studente-wees-paraat/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button