News

Eskom-genade vir motoriste

So wil Eskom motoriste help

Eskom se toegewing om nie die week tussen 06:00 en 09:00 daagliks beurtkrag toe te pas nie is glo om motoriste tegemoet te kom. Vir motoriste in stede is beurtkrag n nagmerrie in spitsverkeer.

Eskom het vroeër aangekondig hy pas van vandag, Maandag 3 Februarie tot Donderdag 6 Februarie daagliks fase 2 beurtkrag toe.

Dit terwyl die kragreus verlede week ook aangekondig het dat beurtkrag vir ten minate die volgende 18 maande nog n werklikheid vir verbruikers sal wees.

En al kry motoriste so bietjie genade die week, is ook gesê dat die versekering vir die toegewing nie vir elke dag die week gegee kan word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button