NewsNews

Storm en toe ontploffing kortwiek JOOL

Storm en vuurwerkontploffing kortwiek JOOL

Erasmus Esterhuizen, verantwoordelik vir bemarking en korporatiewe identiteit van die JOOL, het aan Potchefstroom Herald gesê dat die vuurwerke in ‘n voertuig gebêre was. Die brandweer was egter gou op die toneel en het die brand in die voertuig geblus. Die Herald berig dat twee mense matig beseer is, maar dat nie een van die twee studente is nie.
Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, kan daar nie betyds veiligheidsertifikate vir die strukture waaraan die studente moet werk uitgereik word nie.

“Daar sal net nie genoeg tyd wees om die vlotte te voltooi voor Saterdagoggend nie. Dit is ‘n enorme slag vir almal maar die veiligheid van ons studente moet ons eerste prioriteit wees,” het Jacobs gesê.

 

FOTO: Susan Conradie/Facebook

Bron: Potchefstroom Herald.

Volg ook die skakels na nog berigte op Potchefstroom Herald se webtuiste – https://potchefstroomherald.co.za/69180/video-stormweer-kniehalter-jool/

https://potchefstroomherald.co.za/69248/vuurwerke-ontplof-op-joolplaas/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button