News

Driehoek herdenk ‘Swart Vrydag’ met kunswerk

Driehoek herdenk ‘Swart Vrydag’ met kunswerk

Berig deur Elsje Vermeulen,Vaalweekblad:

 

Die kunswerk uit vlekvrye staal met die titel “Trinity”, is na afloop van ‘n spesiale diens deur Vian Storm van die die River of Life-gemeente, en ‘n  motiveringspraatjie deur Willem Engelbrecht (Jo Black se broer) van BTG Everyday Heroes, gedoen.

Die kunstenaar wat soveel simboliek in die kunswerk vasgevang het, Jacques van der Westhuizen van Vanderbijlpark, was teewoordig en het self die onthulling behartig. (Volledige berig oor die kunswerk se simboliek verskyn in volgende week se Vaalweekblad in ‘n spesiale herdenkbylae aan dié tragiese dag ‘n jaar gelede).

Die leerlinge het daarna kans gehad om kranse neer te lê, asook ‘n paar minute van stilte gehad om aan hul gestorwe maats (Royden Olckers, Jandré Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel) te dink.

  • Die skoolhoof, mnr. Ricardo Erasmus, het ‘n beroep op die leerlinge en die gemeenskap gedoen dat hul welkom is om more op die amptelike dag van herdenking (1 Februarie) kranse voor die skool neer te lê, maar dat daar asb. nie kerse op die plaveisel gebrand moet word nie.

    Daar was Vrydagoggend ‘n somber gevoel toe verlede jaar se tragedie en die dood van vier leerlinge by die HS Driehoek herdenk is.

Related Articles

Back to top button