News

Darem bietjie lig by die petrolpompe

Al is Suid-Afrikaners se moed laag met die vooruitsig van ‘n donker naweek as gevolg van beurtkrag, kan motoriste weer in Februarie bietjie genade by die petrolpomp verwag. Soos in Januarie sal daar verligting in die petrolprys wees vanaf Woensdag. Vir 95 oktaan petrol behoort motoriste dan volgens aanduidings 12 sent per liter minder te …

Al is Suid-Afrikaners se moed laag met die vooruitsig van ‘n donker naweek as gevolg van beurtkrag, kan motoriste weer in Februarie bietjie genade by die petrolpomp verwag.

Soos in Januarie sal daar verligting in die petrolprys wees vanaf Woensdag.

Vir 95 oktaan petrol behoort motoriste dan volgens aanduidings 12 sent per liter minder te betaal, en vir 93 oktaan 3 sent per liter goedkoper.

Die dieselprys sal na verwagting met tussen 5 sent en 6 sent per liter daal vir groothandelpryse. Hou egter in gedagte dat die prys by vulstasies kan wissel omdat prysregulasie nie plaasvind soos by die kleinhandel petrolprys nie.

Related Articles

Back to top button