News

Korona-virus: Syfers bly styg

Korona-virus: Syfers bly styg

Die dodetal van die Korona-virus het vandag, Woensdag 29 Januarie, op  132 gestaan met byna 6 000 mense wat volgens vandag se syfers met die virus gediagnoseer is.  Van die gevalle is 80 mense buite China.

Maar Netwerk24  berig dat volgens dr. Yazdan Yazdanpanah, hoof van besmetlike siektes aan die Diderot Universiteit in Parys, Frankryk, het minder as 5% van gevalle wat tot nou toe nog met die korona-virus gediagnoseer is,  gesterf.

Die aantal bevestigde gevalle van Korona-virus is al meer  as wat daar in 2003 was met die uitbreek van akute respiratoriese sindroom (Ears) in China toe   5 327 mense gediagnoseer en 348 mense gesterf het.

In 2012 het 858 mense gesterf aan Midde Oosterse respiratoriese sindroom (Mers) en 2 494 mense het die virus opgedoen.

Bron: Netwerk24

 

 

Related Articles

Back to top button