NewsNews

Gidshonde so geleer om blindes by kitsbank te help

Absa het ‘n ooreenkoms met die Gidshondvereniging van Suid-Afrika gesluit om nou ook gidshonde op te lei om hul gesiggestremde eienaars te help om kitsbanke te kan gebruik. Daar is tans meer as 8 000 Absa kitsbanke wat reeds gesiggestremde kliënte met klankaanwysings en braille kan bedien. Daar is reeds ‘n Absa kitsbank by die …

Absa het ‘n ooreenkoms met die Gidshondvereniging van Suid-Afrika gesluit om nou ook gidshonde op te lei om hul gesiggestremde eienaars te help om kitsbanke te kan gebruik.

Daar is tans meer as 8 000 Absa kitsbanke wat reeds gesiggestremde kliënte met klankaanwysings en braille kan bedien.

Daar is reeds ‘n Absa kitsbank by die gidshondvereniging se hoofkantoor in Johannesburg geïnstalleer waar die honde opgelei sal word.

Die honde sal onder andere geleer word om die kliënt se kaart te neem en dit in die kitsbank te sit. Sodra die transaksie voltooi is, sal die hond weer die kaart neem en vir die eienaar teruggee.

Nege studente van die Gidshondvereniging het die taak om gesiggestremdes te leer om kitsbanke te gebruik.

  • Lees ook in hierdie week se Gazette die merkwaardige verhaal van Genevieve Croeser, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Parys wat as blinde die afgelope naweek saam met nie-gestremde ruiters aan die eerste Sanesa Western Riding kwalifiserende uitdun vir die Vrystaat deelgeneem het. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button