News

Vasgemaak aan brug vir projek “Help ons hangbrug”

Gyselaarsdrama? Beslis nie. As jy vanmiddag tussen 13:00 en 15:00 verby die hangbrug oor die Vaalrivier in Parys ry, sal jy Diane van Nieuwenhuyzen daar kry. Vasgemaak aan die brug. Dit is deel van haar en Shawn Stevens se poging om saam met vrywilligers, sakelui en instansies uit die gemeenskap, te probeer om komende Saterdag, …

Gyselaarsdrama? Beslis nie.

As jy vanmiddag tussen 13:00 en 15:00 verby die hangbrug oor die Vaalrivier in Parys ry, sal jy Diane van Nieuwenhuyzen daar kry. Vasgemaak aan die brug.

Dit is deel van haar en Shawn Stevens se poging om saam met vrywilligers, sakelui en instansies uit die gemeenskap, te probeer om komende Saterdag, 1 Februarie, dié brug weer nuwe lewe te gee met verf en herstelwerk aan die brug se draadwerk. Maar hiervoor is fondse nodig.

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier in Parys. Foto: Parys Museum

Fondse wat daar nog by verre nie genoeg is om hierdie groot deel van die dorp se erfenis te bewaar nie.

Sewe jaar gelede is ‘n soortgelyke projek deur Elise Bosman en Tanja Holtzhauzen en ‘n hele span vrywilligers aangepak en is spog werk gedoen om die brug te verf, te herstel en selfs ‘n inligtingsbord aan te bring.

Die brug wat een van Parys se grootste toeriste aantreklikhede is, maar ook gereeeld onder vandale deurloop wat die brug bekrap met graffiti.

Dit is juis vrywilligers soos Johan Bosman wat sedert die eerste projek geloods is, deurlopend omsien na die brug om seker te maak dat dit instand en netjies gehou word.

Gister, Saterdag 25 Januarie,  het Diane  so tussendeur die tyd wat sy die Parys Museum se deure moes oophou, vasgemaak aan die brug probeer om fondse in te samel vir die projek, en binne ‘n halfuur R200  ingesamel.

Help ons om Parys se hangbrug weer mooi te maak. Foto’s met erkenning aan die Facebook-groep Vriende van die Hangbrug 1919. 

Elke bietjie help. Wil jy nie vandag wanneer sy weer  daar staan,  gaan kyk na die brug, gaan ontmoet Diane – en dalk wil jy ook ‘n bydrae maak vir iets wat eie is aan Parys om eendag ook vir ons kinders se kinders te kan wys.

Daar bly nog net 6 dae oor voordat die kwaste uitgehaal moet word.

As jy elektronies ‘n bydrae wil maak kan jy ‘n inbetaling doen in die volgende rekening: Iris Andres T/A Parys Museum, FNB, takkode 230735, , rekeningnommer 62769589600. Gebruik asseblief die woord ‘hangbrug’ as verwysing.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button